Die Bybel, Numeri, Hoofstuk 13. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10130&pid=6&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Numeri

Die Bybel

Levitikus Numeri Deuteronomium

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36

1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen 'n owerste onder hulle.

3 En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE--hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.

4 En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur.

5 Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori.

6 Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefúnne.

7 Van die stam van Issaskar: Jígeal, die seun van Josef.

8 Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun.

9 Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.

10 Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi.

11 Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.

12 Van die stam van Dan: Ammíël, die seun van Gemálli.

13 Van die stam van Aser: Setur, die seun van Mígael.

14 Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van Wofsi.

15 Van die stam van Gad: Géhuel, die seun van Magi.

16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; En Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem.

17 En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte.

18 En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;

19 en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings;

20 ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.

21 En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat--

22 hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.

23 Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar 'n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan 'n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.

24 Dié plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het.

25 En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.

26 En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.

27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte.

Numeri 13:27 - The 12 Israelite Spies
The 12 Israelite Spies
28 Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.

29 Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.

30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.

31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.

32 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.

33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.

<< ← Prev Top Next → >>