Die Bybel, 2 Konings, Hoofstuk 11. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10324&pid=14&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 2 Konings

Die Bybel

1 Konings 2 Konings 1 Kronieke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25

1 Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

2 Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

3 En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

4 Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die HERE laat kom en met hulle 'n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die HERE, en vir hulle die koning se seun gewys.

5 Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6 en 'n derde deel by die poort Sur, en 'n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.

7 En die twee ander afdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van die HERE by die koning hou;

8 en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit-- en ingaan.

9 Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jójada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jójada gekom.

10 En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van die HERE was.

11 En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning.

12 Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!

13 Toe Atália die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;

14 en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

15 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom--want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van die HERE gedood word nie.

16 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur die ingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood.

17 En Jójada het die verbond gesluit tussen die HERE en die koning en die volk, dat hulle 'n volk van die HERE sou wees; ook tussen die koning en die volk.

18 Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van die HERE.

19 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die HERE en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.

20 En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.

21 Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.

<< ← Prev Top Next → >>