Die Bybel, 1 Kronieke, Hoofstuk 2. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10340&pid=15&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 1 Kronieke

Die Bybel

2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

1 Dit is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon,

2 Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.

3 Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.

4 En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.

5 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

6 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.

7 En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.

8 En die seuns van Etan was Asárja.

9 En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.

10 En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.

11 En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;

12 en Boas van Obed, en Obed van Isai;

13 en Isai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;

14 van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,

15 van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.

16 En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.

17 En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.

18 En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.

19 Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.

20 En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.

21 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.

22 En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.

23 En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.

24 En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.

25 En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.

26 Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.

27 En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.

28 En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.

29 En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.

30 En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.

31 En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.

32 En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.

33 En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.

34 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;

35 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar.

36 En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;

37 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;

38 en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;

39 en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;

40 en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;

41 en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.

42 En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene--hy was die vader van Sif--en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.

43 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.

44 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.

45 En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-Sur.

46 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.

47 En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.

48 Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;

49 en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.

50 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,

51 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.

52 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgot.

53 En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom.

54 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.

55 En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.

<< ← Prev Top Next → >>