Die Bybel, 1 Kronieke, Hoofstuk 7. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10345&pid=15&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 1 Kronieke

Die Bybel

2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

1 En die seuns van Issaskar was: Tola en Pua, Jasub en Simron, vier.

2 En die seuns van Tola was: Ussi en Refája en Jériël en Jágmai en Jibsam en Samuel, hoofde van hulle families, van Tola, dapper helde. Volgens hulle afstamming was hulle aantal in die dae van Dawid twee en twintig duisend ses honderd.

3 En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.

4 En by hulle, volgens hulle afstamming, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses en dertig duisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5 En hulle broers, van al die geslagte van Issaskar, dapper helde: sewe en tagtig duisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.

6 Benjamin: Bela en Beger en Jedíael, drie.

7 En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ussiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee en twintig duisend vier en dertig.

8 En die seuns van Beger was: Semíra en Joas en Eliëser en Eljoënai en Omri en Jéremot en Abía en Anatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger.

9 En hulle geslagsregister het getel volgens hulle afstamming, hoofde van hulle families, dapper helde: twintig duisend twee honderd.

10 En die seuns van Jedíael was Bilhan; en die seuns van Bilhan was: Jehus en Benjamin en Ehud en Kenáäna en Setan en Tarsis en Ahisáhar.

11 Hulle almal, seuns van Jedíael, volgens die hoofde van die families, dapper helde, was sewentien duisend twee honderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek.

12 Ook Suppim en Huppim was seuns van Ir; Husim, seuns van Aher.

13 Die seuns van Náftali was: Jágsiël en Guni en Jeser en Sallum, seuns van Bilha.

14 Die seuns van Manasse was Asriël wat sy vrou gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead;

15 en Magir het van Huppim en Suppim 'n vrou geneem; die naam van sy suster was Máäga. En die naam van die tweede was Selófhad; en Selófhad het dogters gehad.

16 En Máäga, die vrou van Magir, het 'n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.

17 En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse.

18 En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar.

19 En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam.

20 En die seuns van Efraim was Sútelag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,

21 en sy seun Sabad, en sy seun Sútelag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem.

22 Daarom het hulle vader Efraim baie dae lank gerou, en sy broers het gekom om hom te troos.

23 Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens 'n onheil in sy huis gebeur het.

24 En sy dogter was Séëra; en sy het Bet-Horon-Onder en--Bo gebou, en Ussen-Séëra.

25 En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan;

26 sy seun Láedan; sy seun Ammihud; sy seun Elisáma;

27 sy seun was Nun, sy seun Josua.

28 En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

29 En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Séan met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.

30 Die seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster.

31 En die seuns van Bería was Heber en Málkiël; hy was die vader van Birsájit.

32 En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.

33 En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet.

34 En die seuns van Semer was: Ahi en Róhega, Jehúbba en Aram.

35 En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal.

36 Die seuns van Sofag was: Suag en Harnéfer en Sual en Beri en Jimra,

37 Beser en Hod en Samma en Silsa en Jitran en Beëra.

38 En die seuns van Jeter was: Jefúnne en Pispa en Ara.

39 En die seuns van Ulla was: Arag en Hánniël en Risja.

40 Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van families, uitgesoekte dapper helde, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses en twintig duisend man.

<< ← Prev Top Next → >>