Die Bybel, 2 Kronieke, Hoofstuk 2. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10369&pid=16&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 2 Kronieke

Die Bybel

1 Kronieke 2 Kronieke Esra

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36

1 En Salomo het gedink om vir die Naam van die HERE 'n huis te bou en 'n huis vir sy koningskap.

2 En Salomo het sewentig duisend lasdraers afgetel en tagtig duisend klipkappers op die gebergte en drie duisend ses honderd opsigters oor hulle.

3 Toe laat Salomo Huram, die koning van Tirus, weet: Soos u aan my vader Dawid gedoen het deur aan hom seders te stuur, dat hy vir hom 'n huis kon bou om in te woon, doen dit ook aan my.

4 Kyk, ek gaan 'n huis bou vir die Naam van die HERE my God, om dit aan Hom te heilig--om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôrens en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God--'n ewige verpligting op Israel.

5 En die huis wat ek gaan bou, sal groot wees; want onse God is groter as al die gode.

6 Maar wie is in staat om vir Hom 'n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom 'n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek?

7 Stuur my dan nou 'n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het.

8 Stuur ook aan my seder--, sipres-- en sandelhout van die Líbanon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die Líbanon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees,

9 naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.

10 En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.

11 En Huram, die koning van Tirus, het in 'n brief gesê wat hy aan Salomo gestuur het: Omdat die HERE sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.

12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om 'n huis vir die HERE en 'n huis vir sy koninkryk te bou.

13 Ek stuur dan nou 'n kunstenaar, begaafd met verstand, naamlik Huram Abi,

14 die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, maar wie se vader 'n man van Tirus is, wat verstaan om goud en silwer, koper, yster, klippe en hout, purperrooi, pers stowwe en fyn linne en bloedrooi stowwe te bewerk; en om allerhande figure uit te sny en om enige kunstige plan uit te dink wat aan hom opgedra word, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van my heer, u vader Dawid.

15 Laat my heer dan nou die koring en die gars, die olie en die wyn wat hy gesê het, aan sy dienaars stuur.

16 En óns sal bome uit die Líbanon kap net soveel as u nodig het, en ons sal dit vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan ú dit na Jerusalem laat vervoer.

17 En Salomo het al die uitlanders getel wat in die land van Israel was, volgens die telling wat sy vader Dawid van hulle gehou het, en dit het geblyk dat daar honderd drie en vyftig duisend ses honderd was.

18 En sewentig duisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtig duisend klipkappers op die gebergte en drie duisend ses honderd opsigters om die mense te laat werk.

<< ← Prev Top Next → >>