Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 34. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10512&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.

2 Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

3 Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.

4 Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!

5 Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.

6 He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.

7 Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

8 Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

9 Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

10 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

11 Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.

12 Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.

13 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?

14 Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

15 Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.

16 Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

17 Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

18 Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

19 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

20 Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.

21 Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.

22 Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.

23 Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

<< ← Prev Top Next → >>