Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 48. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10526&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.

2 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!

3 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!

4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.

5 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.

6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.

7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.

8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.

10 o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel!

11 Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.

12 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.

13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;

14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,

15 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.

<< ← Prev Top Next → >>