Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 49. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10527&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

4 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

5 Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.

6 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring-

7 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

8 Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie

9 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

10 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

11 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.

12 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

13 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

14 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.

15 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

16 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.

17 Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;

18 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

19 Al ag hy homself gelukkig in sy lewe- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen-

20 tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.

21 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

<< ← Prev Top Next → >>