Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 55. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10533&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.

2 o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.

3 Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,

4 weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.

5 My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.

6 Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.

7 Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!

8 Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.

9 Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.

10 Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.

11 Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.

12 Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.

13 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;

14 maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!

15 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.

16 Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.

17 Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.

18 Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

19 Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.

20 God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.

21 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.

22 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.

23 Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

24 Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.

<< ← Prev Top Next → >>