Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 71. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10549&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!

2 Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!

3 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

4 My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.

5 Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.

6 Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.

7 Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.

8 My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.

9 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.

10 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad

11 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!

12 o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!

13 Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.

14 Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.

15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.

16 Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.

17 o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.

18 En ook tot die ouderdom en die grysheid toe- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.

19 Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?

20 U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.

21 Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.

22 So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!

23 My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.

24 Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.

<< ← Prev Top Next → >>