Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 81. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10559&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.

2 Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!

3 Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.

4 Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.

5 Want dit is 'n insetting vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.

6 Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:

7 Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.

8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.

9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

10 Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.

11 Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.

12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.

13 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.

14 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

15 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.

16 Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.

17 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.

<< ← Prev Top Next → >>