Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 109. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10587&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!

2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,

3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.

4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.

5 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.

6 Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.

7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.

8 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.

9 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;

10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.

11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.

12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.

13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.

14 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.

15 Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;

16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.

17 Ja, hy het die vloek liefgehad en- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en- dit het ver van hom af gebly.

18 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.

19 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.

20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.

21 Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.

22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.

23 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.

24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.

25 En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.

26 Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,

27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.

28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.

29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.

30 Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;

31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.

<< ← Prev Top Next → >>