Die Bybel, Prediker, Hoofstuk 10. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10669&pid=23&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Prediker

Die Bybel

Spreuke Prediker Hooglied

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

1 Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.

2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.

3 Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.

4 As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.

5 Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:

6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.

7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.

8 Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt.

9 Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.

10 As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.

11 As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.

12 Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.

13 Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.

14 En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?

15 Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.

16 Wee jou, o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.

17 Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.

18 Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.

19 Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.

20 Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.

<< ← Prev Top Next → >>