Die Bybel, Hooglied, Hoofstuk 1. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10672&pid=24&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Hooglied

Die Bybel

Prediker Hooglied Jesaja

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8

1 Die hooglied van Salomo.

2 Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.

3 U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.

4 Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

5 Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.

6 Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7 Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?

8 As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.

9 Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!

10 Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.

11 Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.

12 So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.

13 My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.

14 My beminde is vir my 'n tros henna-blomme in die wingerde van Éngedi.

15 Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!

16 Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.

17 Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

<< Prev Top Next → >>