Die Bybel, Markus, Hoofstuk 3. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10960&pid=43&tid=2&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Nuwe Testament / Markus

Die Bybel

Matteus Markus Lukas

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16

1 En Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was 'n man met 'n verdorde hand.

2 En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.

3 En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.

4 Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.

5 En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

6 Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

7 En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa

8 en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9 En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.

10 Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.

11 En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!

12 En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.

13 En Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.

14 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek

15 en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.

16 En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;

17 en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus--aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder--

18 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,

19 en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.

20 En hulle het in 'n huis gegaan, en 'n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.

21 Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.

22 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

23 En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?

24 En as 'n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;

25 en as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;

26 en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot 'n einde.

27 Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.

28 Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;

29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel--

30 omdat hulle gesê het: Hy het 'n onreine gees.

31 Sy broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.

32 En 'n skare het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite.

33 En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers?

34 En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!

35 Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.

<< ← Prev Top Next → >>