Die Bybel, Handelinge, Hoofstuk 14. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=11032&pid=46&tid=2&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Nuwe Testament / Handelinge

Die Bybel

Johannes Handelinge Romeine

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28

1 En op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.

3 Hulle het toe 'n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.

4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.

5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, 'n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,

6 het hulle dit gewaargeword en gevlug na die stede van Likaónië, Listre en Derbe en die omstreke.

7 En daar het hulle die evangelie verkondig.

8 En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,

10 met 'n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.

11 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.

12 En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.

13 En die priester van Júpiter wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.

14 Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep

15 en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

Handelinge 14:15 - Paul and Barnabas Treated as Gods
Paul and Barnabas Treated as Gods
16 Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,

17 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.

18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.

19 Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.

21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,

22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

24 Toe gaan hulle deur Pisídië en kom in Pamfílië;

25 en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.

26 En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het.

28 En hulle het daar by die dissipels 'n geruime tyd deurgebring.

<< ← Prev Top Next → >>